Wat maak Platinum Afrikaans Huistaal enig in sy soort?
Die leerderboek het ‘n duidelike en voorspelbare struktuur en help die leerder om verskillende taalvaardighede te bemeester, soos Luister en Praat; Lees en Kyk; Begrip en Letterkunde; Skryf en Aanbied; asook Taalstrukture en -konvensies.
Platinum Afrikaans Huistaal is geskryf deur kundiges in die gebied van Afrikaans Taal onderrig om eksamen sukses te verseker. Dit bevat ‘n verskeidenheid interessante leestekste soos kortverhale, koerantberigte, advertensies, verslae, gedigte, prente en foto’s wat die leerder se verwysingsraamwerk verbreed.
Die Platinum Afrikaans Huistaal leerderboek sluit ‘n omvattende taalafdeling in, met taalreels en ekstra inskerpingsoefeninge. Die “Spel dit so” – raampie bevat moeilike woorde wat leerders moet kan spel.
Voorbeeldvraestelle gee leerders nuttige oefeninge wat hulle sal help om vir die eksamen voor te berei.
Die Platinum Afrikaans reeks is ‘n gunsteling onder onderwysers in Suid-Afrika en is ons top verkoper van Afrikaans Taal boeke. Die onderwysergids sluit ook ‘n Eksamenbank CD-ROM in.
Buy a class-set from Nobel Books (the best loved school textbook supplier), and qualify for discount. We would love to hear from you, so if you would like to place an order for a class-set, please write to us at: